Hoërskool Wagpos - Oudleerlinge
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Hoërskool Wagpos - Oudleerlinge

Forum vir oudleerlinge van Hoërskool Wagpos om in kontak te kom en te gesels.


You are not connected. Please login or register

Wagpos Erekode

Go down  Message [Page 1 of 1]

1Wagpos Erekode Empty Wagpos Erekode Tue Mar 23, 2010 11:29 pm

Admin


Admin

BEWUS van my verantwoordelikheid voor God en die mensheid, verklaar ek in alles nederigheid:


* DAT ek bo alles die ereplek aan God en Sy Woord in my skool gee, en dat ek die diepgewortelde Christelik-Nasionale lewensbeginsels van my volk in my daaglikse handel en wandel sal uitlewe.
* DAT ek my duurgekoopte erfenis om my hart sal vou, en solank as wat ek lewe met jaloersheid daaroor sal waghou.
* DAT ek daarvan oortuig is dat die krag van die Afrikaners in eenheid gesetel is, en dat ek langs hierdie weg kan help om die vryheid van my land te beveilig.
* DAT ek n opdrag van God het om die geluk, die geestelike- en stoflike welvaart van my maats te help bevorder.
* DAT ek gehoorsaamheid en respek teenoor my ouers en onderwysers hoog ag, en ek belowe om my altyd hoflik teenoor dames, my meerderes en minderes te gedra.
* DAT ek daarna sal strewe om hulpvaardig te wees en my medemens te dien.
* DAT ek sal woeker met die talente deur God aan my toevertrou.
* DAT ek elke taak met hart en siel sal aanpak.
* DAT my woord my eer is, en dat ek sal nastreef - getrouheid, eerlikheid, opregtheid en vriendelikheid.
* DAT ek my daaraan verbind om die verpligtinge wat uit my voorregte spruit, na te kom.
* DAT ek erken dat ek; sondaarmens is, maar dat ek deur God se genade sal stry teen alles wat in en om my verkeerd is, en dat ek n laer sal slaan om geregtigheid wat moet seevier en;
* DAT ek liefde, eensgesindheid en welwillendheid sal bevorder ooreenkomstig die tradisies van hierdie skool wat ek so lief het.

https://wagposhs.board-directory.net

Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum